Lys van lande volgens kuslynlengte

Hierdie is 'n lys van lande volgens hul kuslynlengte, in kilometer, gebaseer op data vir die jaar 2008 in die CIA Wêreldfeiteboek. 'n Kuslyn van nul dui aan dat die land deur ander lande omring is. Die kuslynparadoks stel dit dat 'n kuslyn nie 'n presiese lengte het nie. Die meting van die lengte van 'n kuslyn werk soos fraktaalmeetkunde deurdat dit verskil tussen verskillende skaal kaarte waarvolgens dit kuslyn uitgewerk word. Hoe kleiner die skaalinterval is, hoe langer sal die kuslyn wees. Hierdie vergrotingseffek is groter vir 'n kronkelende kuslyn as vir relatief gladde kuslyne. Wanneer bv. na Kanada se kuslyn gekyk word op 'n skaalinterval van 500 km is dit slegs ongeveer 20,000 km lang (d.w.s. minder as 'n tiende van die waarde in die tabel); maar wanneer daar bv. na die Australiese kuslyn met 'n skaalinterval van 500 km gekyk word is die lengte omtrent 12,500 km (d.w.s. omtrent die helfte van die waarde in die tabel). Die kus/area verhouding meet hoeveel meter van die kuslyn stem ooreen met elke vierkante kilometer van die grondgebied. Die verhouding dui aan hoe maklik/moeilik dit van enige punt in die land is om die kus te bereik. Om daardie rede sal 'n eiland-land soos die Maldive-eilande of 'n land wat deur die see gebeitel is, soos Griekeland, meer geneig om 'n hoë verhouding te hê terwyl 'n land wat omring is deur ander lande, soos Oostenryk, 'n verhouding van nul sal hê. Let op dat die skaal waarop die CIA Wêreldfeiteboek se syfers gebaseer is nie genoem word nie en dit is ook nie bekend of al die syfers op dieselfde skaal bereken is nie.


Developed by StudentB